Beste Seagull,

Graag wil ek ook net van my kant baie dankie se vir ‘n wonderlike ondervinding. Om so baie diere te sien was asemrowend. Ons toergidse / bestuurders was besonders. Altyd professioneel, vriendelik met soveel kennis van die omgewing dat ons almal baie geleer het. Jul gebruik voorwaar die beste. Ons akkommodasie was gerieflik, skoon en met goeie kos deurgaans.  Dit was beslis elke sent/rand werd.

Doen so voort.

Groete, Petro


Liewe Elizabeth,

Ek wou jou bel, maar ons is in ʼn oopplan-kantoor en ek is bang ek huil weer 😉

Ek wil net vir jou VREESLIK dankie sê vir al jou moeite en hulp met Jon se verlowingplanne!

Julle het my wraggies uitgevang en ek sal dit nooit vergeet nie!!!!

Ek weet nie hoe julle dit reggekry het nie, maar ek het nie vir ʼn oomblik iets vermoed nie. WELL DONE! Hahahaha

En ook jammer dat ek nie so gretig geklink het om na die ‘nuwe lodge’ te gaan kyk nie, ek was nie mooi seker wat van my verwag was nie, maar ek dink nou dit is die beste lodge met die mooiste uitsig, geriewe en diens op aarde 😉 Jon het seker vir julle alles vertel!

Baie baie baie baie baie dankie weereens dat julle dit so maklik en ekstra spesiaal gemaak het vir my en Jon. En die res van die toer was net so besonders. Ons is so gelukkig dat ons hierdie kon ervaar het. Die kos, die verblyf, die gidse, DIE DIERE! Alles het net heeltyd glad verloop en selfs met die min slaap sal ek dit 100 maal wil oordoen en my hele familie wil saambring.

Hopelik gaan ons (nie te ver in die toekoms) weer met julle te doene hê. En hopelik is Liezel dan weer saam! Sy was ʼn toerleier tienduisend =)

Ons begin nou ʼn bucket list van toere en plekke wat ons in ons leeftyd wil sien en doen, en hopelik is Seagull deel van ʼn hele paar!

Julle is tog deel van ons storie se ‘begin’ – hopelik kruis ons paaie gereeld op my en Jon se lewensreis saam. =)

ONVERGEETLIK!

Baie liefde & groete,

Natasha van Wyk, Beauty and Fashion Editor, Vrouekeur


Linde,

Baie dankie dat jy ons toerleier was.

Eleonore en ek het die Tanzania-toer baie geniet en dit het al ons verwagtinge oortref!

Dankie ook vir al die reëlings deur jou en jou personeel asook jul vriendelikheid en hulpvaardigheid.

Indien ons beplan om weer te toer, sal ons jou beslis kontak.

Groete, Danie


Hi Elizabeth

Ek wil net persoonlik dankie sê vir die toer en die wyse waarop jy alles hanteer het.  Dit was puik.

Jy is voorwaar iemand wat met mense kan werk – jy het elkeen van ons spesiaal laat voel.

Die “cherry”  op die koek was toe jy met Rona se verlore beursie uitasem by “gate 2”  aangekom het – dit was voorwaar ‘n “blessing” .  Ek glo ons ABBA vader het jou daar gebruik om ons almal, maar veral vir Rona te seën.

Urelia


Dear Hendrina and Wynand,

I would personally like to thank you both for a wonderful tour to Europe in December 2015. I enjoyed every minute; the programme was full of lovely surprises, the hotels and Amadeus could not have been better and your arrangements went smoothly from beginning to end. Your friendliness and gentle manner was appreciated by us all. I hope you had a wonderful Christmas and my best wishes for the new year.

Kind regards, Barbara Wassermann


Die Seagull Panama/Cuba/Mexico – toerprogram is ’n fasinerende, keurig-saamgestelde en gebalanseerde reis vir beide die leek/professionele reisiger wat koloniale (Spaanse) geskiedenis, argeologie/antropologie, natuurskoon, kunste en die rykheid van tradisioneel en modern menslike ontwikkeling verweef. Die reisiger word meegesleur deur ’n kleurvolle samesmelting van skeppings; musiek, vrolikheid, maar ook aanpassing by moeilike omstandighede verpak in ’n gees van lewensgenietinge wat die waarnemer se battery laai en met hoop vervul die plaaslike burgers ervaar. Die program is uiters sorgvuldig bestuur, met ’n entoesiastiese, topklas toerleier, gidse, busbestuurders, aangename akkomodasie en reislogestiek wat die reisiger totaal laat ontspan. Die program word aanbeveel as ’n onvergeetlike ervaring, ’n belewenis van deelnemende waarneming wat die reisiger verryk huis-toe laat keer.

Francois Theron, senior lektor, Skool vir Publieke Leierskap, Stellenbosch Universiteit


Dear Seagull Tours.

I was priviledged to be on the recent tour to Morocco, led by Les Clark. It was a wonderful experience which lived up to my every expectation, well organized and the country is as exotic as the names sounded.  Les has every situation well in hand, and our guide. Hassan, was a treasure. I would like to recommend you use him again. Many thanks for this long awaited pleasure.

Kind regards,
Jo Parkins


Seagullspan,

Linde en ons “unbeatable” gids Halit Ons het Saterdag, 6 September 2014, geland vanaf Turkye. “Money well spend”.
Ons Robertsonners is bederf en nogmaals bederf deur julle daar in Turkye. Ons het nie woorde om alles te beskryf nie. Vanaf die opklim hier in die Kaap totdat ons weer hier geland het, was een groot belewenis. Onvergeetlik! Gelag en gelag! Vrekwarm, maar heerlik. Ons weet nou alles van Turkye en sy gewoontes, onderwijs, politiek, medies, boerdery, alles,alles, danksy Halit.

Baie,baie,baie,baie dankie.
Lindie Lourens


Beste Elizabeth

Net om baie, baie dankie te sê vir die wonderlike Migrasietoer wat Seagull vir ons gereël het. Elke dag was vir ons ‘n vingerlek lekkerte. Aan die einde van elke dag het ons met verwondering gesê: Dit was wonderlik, dit was lekker, dit was verstommend mooi (massas wildebeeste, massas flaminke)!  En die natuur: amazien! Alles so glad verloop en dankie aan Thys vir sy bydrae om ons daaglikse paadjie te plavei. Ons gids/bestuurder van die voertuig waarin ons 4 van PE gery het, was Maulidi.  Wat ‘n genotvolle persoon!  Sy kennis van dier en veld, sy bedagsaamheid, en daardie humorsin! het ons 6 sommer lief gemaak vir die man. Hy is ‘n juweel!  Baie dankie aan almal by Seagull wat die lekkerte vir ons  moontlik gemaak het! Mag jul van krag tot krag gaan en bid jul toe die seën van ons Hemelse Vader.

Vriendelike groete
Rina Cilliers (SCS CILLIERS)


Liewe Linde

Dis moeilik om die woorde te vind om my waardering uit te spreek vir die manier waarop Seagull dinge doen.Ek was eindeloos beïndruk met die professionaliteit, maar ook met die hartlikheid en die menslikheid in die persoon van Linde. Ek dink sommeer aan die hantering van die baadjie-episode met Annaleen – iets wat julle maar in die annale moet opteken.  Ek dink ook aan die rolstoel vir Marianne by die lughawe – so vinnig en so bedagsaam gereël.
Dis ‘n uitstekend-saamgestelde pakket vir ‘n toeris.  Op dié resep kan julle maar voortbou. Dit was een van die verrykendste ervarings van my lewe.
En dan – last but not least – julle keuse van die gids Hailit.  Oor hom kan mens ‘n lofsang sing.  Beskaafd, ingelig, belese, spel al die slagysters duidelik uit, so ook die tyd en plek van ontmoeting. Goed geklee en ‘n plesier om na te kyk en te luister.
Ek stuur vir hom ‘n boek na Seagull se adres wat jy asb vir hom by die volgende ontmoeting moet oorhandig, Linde.  Dis Marié Heese se wetboek oor Justinianus en Theodora  – The Power of One – waarvoor sy uitgevlieg is Turkye toe.
Ek sou graag die Oos-Europatoer wou meemaak, maar ek moet my man Manie in ag neem. So: hopelik nie vaarwel nie, maar tot wederziens.

Winnie Rust, Wellington


Beste Elizabeth

Net om baie, baie dankie te sê vir die wonderlijke Migrasie toer wat Seagull vir ons gereël het. Elke dag was vir ons ‘n vingerlek lekkerte. Aan die einde van elke dag het ons met verwondering gesê:
Dit was wonderlik, dit was lekker, dit was verstommend mooi (massas wildebeeste, massas flaminke)!  En die natuur: amazien! Alles so glad verloop en dankie aan Thys vir sy bydrae om ons daaglikse paadje te plavei. Ons gids/bestuurder van die voertuig waarin ons 4 van PE gery het, was Maulidi.  Wat ‘n genotvolle persoon!  Sy kennis van dier en veld, sy bedagsaamheid, en daardie humorsin! het ons 6 sommeer lief gemaak vir die man. Hy is ‘n juweel!  Baie dankie aan almal by Seagull wat die lekkerte vir ons  moontlik gemaak het! Mag jul van kraag tot krag gaan en bid jul toe die seën van ons Hemelse Vader.

Vriendelike groete

Rina Cilliers
(SCS CILLIERS)


Hallo Elizabeth

Ons kan nie glo ons is al amper n week weer terug van n ongelooflike toer saam met Kobus uit Tanzanie nie.Ons wil net baie baie dankie se vir hierdie ervaring wat ons kon mee maak,dit was wonderlik wonderlik en alles was so puik gereel!!
Kobus is n ster al die ander toerlede is fantastiese mense en julle gidse is uitstekend! Nogmaals baie dankie aan julle almal.

Beste groete
Danie & Marise Hattingh


Beste Linde,

Sedert ek terug is van Ethiopia gaan dit redelik dol met my.  Onmiddellik terug in die tuig, maar dis ook okay. Ek skryf net om dankie te sê vir die wonderlike, interessante toer.  Wat ek daar gesien en beleef het, was iets so unieks.  Dit was ook my eerste keer saam met ‘n groep.  Aanvanklik was ek ‘n bietjie gespanne, maar reeds op Oliver Thambo lughawe is ons so vriendelik ontvang deur Thijs van der Merwe en sy vrou.  Al my voorbehoude was gou iets van die verlede. My reisgenote was so ‘n aangename klomp mense.  Ek kan nie vir beter gewens het nie.  Die Ethiopiese toerleier, Melaku was net so aangenaam, so ook die busbestuurder Adan.  Hy ken sy land en hulle geskiedenis en hy het uit sy pad gegaan om dit vir ons so interessant moontlik te maak.  Wat ek in Ethiopia gesien het, sal my altyd bybly.Ons vriendin Annelize van der Ryst, vertel my van Seagull se interessante toer na Turkeie.  Ek en Danie (my man) stel baie belang.  Dis die een waar uself die toerleier is, saam met ‘n Turkse professor wat verbonde is aan die Universiteit van Istanbul.  As daar dalk volgende jaar weer so ‘n toer is, wil ek sommer nou al bespreek.  As u my kan laat weet watter tyd van die jaar die toer gewoonlik plaasvind, sal ek dit baie waardeer. Nogmaals dankie vir ‘n stunning toer in Ethiopia.‘n Groot dankie ook aan Riana wat al die reëlings getref het.  Alles het so goed verloop.

Vriendelike groete,
Annie Basson/Odendaal


Goeie more!

Dit neem my gewoonlik ‘n goeie paar weke by die huis om die onttrekking simptome te oorkom! Maar ek het nou so min of meer vrede gemaak daarmee dat dit nie soos Bled lyk buite, as ek by die venster uitkyk nie.

Elizabeth, baie dankie dat jy die vakansie vir ons so onvergeetlik gemaak het. Die toer was alles wat ek gehoop het dit sou wees. Die reën in Slovenië was soos manna vir die siel, die turkoois-blou water in Kroasië soos ‘n lafenis. Herfs is my mooiste mooiste seisoen en  sowaar:  hier was dit op sy mooiste. Dankie dat jy so professioneel en in beheer was die hele tyd sonder om ‘n oomblik afsydig te voel. Jy was net ‘n ster!!

Ek glo al  jou toermense nooi jou om na die tyd te kom kuier, maar ek en Hentie wil jou regtig nooi om vir ons hier in die noorde te kom kuier. Kom maak ‘n draai, ons wil jou ook terug bederf!
Alles wat mooi is vir jou. Hoop ons ry sommer gou weer saam iewers heen!

Liefde
Cecile


Hallo

Ek en Willie wil net baie baie dankie sê vir die wonderlike toer wat ons saam met julle kon meemaak. Dit was ongelooflik mooi en baie lekker. Baie dankie ook aan Christel vir haar vriendelikheid, sy was ‘n wonderlike toerleidster wat uit haar pad gegaan het om alles so gerieflik moontlik vir ons te maak.
Ook was sy glad nie dominerend nie, maar het tog die hele groep in ag geneem en almal hul privaatheid gegun. Ons het altyd geweet wat aangaan en het dit terdeë geniet. Ons sal defnitief weer van Seagull gebruik maak en julle aanbeveel by al ons vriende.

Baie dankie!
Willie en Marie-Louise


Liewe Seagull span

Ons is min of meer “gesettle and back to normal”!! Ek en my kamermaat wil weereens net vir jou en die Seagull span,  BAIE BAIE DANKIE sê vir ’n ongelooflik wonderlike toer.   Dit was uitstekend georganiseer en baie spesiaal! Ons het elke oomblik daarvan terdeë geniet.   Seagull het 100% daarin geslaag om dit vir ieder en elk van ons ’n onvergeetlike ondervinding te maak en om sodoende sommer baie vuurmaakhoutjies vir die ou dag bymekaar te maak!  ’n Baie spesiale dankie vir die geskenkies, ook met ons troudag herdenking. Dit het die dag ekstra spesiaal gemaak. Ons het nog nooit so ’n heerlike herdenking en op so ’n spesiale plek gehad nie. Ons voel besonder bevoorreg!  Nog ’n spesiale dankie vir die uitstappie wat julle vir ons in Istanbul, tussen die spul Moslems, gereël het.   Dit het meegebring dat al die kinders en werknemers elkeen ’n syserp gekry het!  Ons sal Turkeye verseker later bezoek  Ons sal definitief weer van Seagull gebruik maak, vir toekomstige toere. As jy weer met Martin in kontak is, dra tog asb. ons mooiste en beste wense aan hom oor, saam met ons hartlikste dankbetuiging.
Nogmaals  BAIE  DANKIE.

Met vriendelike groete en ons beste wense uit die Noord-Kaap.
Orffer en Frena Müller.


Ons wil net graag dankie sê vir ‘n onvergeetlike Seagull toer wat jy uitstekend gelei het.  Die toer het al ons verwagtinge oortref. Daar was nooit tekens van besparing nie en daar is altyd moeite gedoen dat ons nuwe ervarings kon beleef.  Ons sal Seagull altyd aanbeveel want dit was waarde vir geld.  Malley, ons gids het ons beïndruk met sy kennis, geduld, entoesiasme en finesse. Die toer was ‘n absolute hoogtepunt wat ons nog baie lank sal onthou! Hoop jy is al uitgerus.

Groete
René en Johann de Swardt


Liewe Elizabeth,

Dit is met groot waardering wat ek jou mooi briefie aan al die oor/60’s lees.
Die Serengeti en Ngorongoro was vir my ‘n jare lange begeerte om te sien en jy het daardie ervaring met soveel oorgawe aan my oorgedra.
Dit was net so fantasties hoe jy van ‘n foutjie buite jou beheer die sameroeper word om na die tanzaniet kantore te gaan en almal was
tevrede. Jy weet seker dat daardie besoek my ‘n klomp geld gekos het ,maar ja, Moekie my vrou hou toe daarvan.

Die Kruger Wildtuin en my eie Selati Wildreservaat sal nooit weer dieselfde wees nie. Moekie was heel jaloers oor die vertellings en fotos
en hoewel sy lief is vir die bos, voel sy Afrika is nie vir haar nie. Hopelik oor so 3 jaar doen ons dit weer en sal sy van opinie verander.

Weereens wil ek jou bedank vir jou besondere vermoë om mense te organiseer en jou eie liefde vir die natuur aan ander oor te dra. Ek glo al
die ander in ons toergroep voel dieselfde.

Groete
Ryk


Elizabeth,

Wonderlik om van jou te hoor. Hiermee wil ek graag vir jou baie dankie sê vir ‘n onvergeetlike tyd. Jy is die beste toerleier ooit. Jou vriendelikheid en opgeruimdheid het ook baie bygedra tot die heerlike vakansie. Daar was nooit enige haakplekke of probleme met die reelings nie. Alles was puik gereel! Ons sal verseker ons volgende toer weer deur Seagull reel. Jy moet asb met ons kontak behou.

Liefde
Karin Wissekerke


Elizabeth

Soos dit maar gaan na ‘n wonderlike vakansie is alles mos onderstebo, maar gelukkig het ons wonderlike herinneringe van die vakansie.Die woord dankie is net nie genoeg om te beskryf hoe lekker julle dit vir ons gemaak het nie.  Almal aan hierdie kant vra vir ons hoe was dit, maar die woorde om dit te beskryf is daar net nie.Al wat ons dan sê is:  ” Bel vir Elizabeth en reël jou toer, dis die moeite werd.”As ons die liedjie “Jumbo” luister verlang ons regtig na almal wat dit sooo lekker gemaak het.

Liefde
Sakkie en Lorette


Beste Seagull,

Ek wil net graag baie dankie se vir jou puik reelings vir hierdie toer. Alles het seepglad verloop en onder die bekwame leiding van Liesel was dit ‘n wonderlike toer om nie eens te praat van alles wat ons in Tanzanie beleef het nie!
As dit die gehalte toere is wat Seagull aanbied, is dit beslis nie ons laaste toer met hulle nie.
In jou en Liesel het Seagull sowaar twee sterre wat baie helder skyn.

Nogmaals baie dankie.
James en Hettie Douglas.


Seagull you are a ” Star” from a grey haired pensioner who appreciates your excellent service.

Next year when we take our American family to the Serengeti we will definitely  book via you.

Have a good evening,
Johan Trotskie


Liewe Linde,

Ek wil net baie dankie sê vir die wonderlike toer wat ek saam met Seagull en jou na China kon mee maak. Die was ‘n onvergeetlike ervaring en die georganiseerde manier waarop julle die toer gereël het, het dit ‘n stresvrye en ontspanne reis gemaak. Die plekke wat ons besoek het, was almal die moeite werd en die aandag aan detail was uitstekend. Jou persoonlike betrokkenheid was wonderlik en jou geduld, besorgdheid en ondersteuning plus faktore.  Ek het baie lekker saam met julle getoer en goeie nuwe vriende gemaak. Baie dankie. Ek heg ‘n paar fotos waarop jy veskyn aan.

Lekker toer

Groete

Johanna Geldenhuys


Liewe  Linde,

Hoe sê ‘n mens dankie vir iemand wat so baie moeite gedoen hetOm ‘n toer ‘n onvertgeetlike gebeurtenis te maak?? Maar nietemin wil  ek en Solly graag vir jou baie, baie  dankie sê vir hierdie toer watJy vir ons gereël het.  Dankie vir al die ekstras wat ons gekry het, die bottel wyn, glasies,Boekie, die turkse lekkers en… en…en asook die goeie gids (Halit) wat sy land op so ‘n voortreflike manier aan onsBekend gstel het.   Jou vriendelikheid, gasvryheid en hulpvaardigheid het nie ongesiens verbygegaan nie. Ek het jou nogal vanoggend beny toe jy oor RSG gepraat het, om weer al daardie wonderlike plekke teKan besoek, ,maar dalk doen ek dit weer eendag  saam met jou & Seagull. Ons wil jou dan ook nooi om by ons te kom kuier of te kom oorslaap as jy ooit deur Beaufort Wes ry.

Groete uit SA en nogmaals dankie,

Solly & Christine Herselman


Hallo Seagull

Baie dankie vir ʼn onvergeetlike toer na Israel.
Die reëlings was puik, die verblyf uitstekend en die kos heerlik.
Ek loop oral en “brag” met Seagultours.

Vriendelike groete
Ria van der Merwe


Beste Seagull

Ons, Dirk en Ida van Papendorp, het bogenoemde toer meegemaak en wil graag ons dank betuig teenoor Seagull Toere vir die aangename, goed georganiseerde en seënryke toer. Die toer was ‘n reuse sukses, en wel om die volgende redes:

1) Die uitstekende hotelverblyf en uitstekende etes wat die toergroep kon geniet. Uitstaande in hierdie verband was die heel eerste hotel waarin ons tuisgegaan het, naamlik die hotel Ramot opdie See van Galilea. Ons verneem dat dit die eerste keer is dat die toergroep van Seagull Toere hier tuisgegaan het in plaas van in Tiberias, ‘n baie besige gebied, en wil julle verseker dat Ramot ‘n WENNER was. Die rustigheid en fantastiese uitsig op die See van Galilea het die toer op ‘n hoogtepunt afgeskop.

2) Die klein toergroep van 24 lede, almal Afrikaanssprekend, was almal puik mense, goed opgevoed en niemandwat ooit gekla het of laat of moeilik was nie. Johann Symington het telkemale verwys daarna hoe maklik hy dit met hierdie toerlede gehad het.

3) Dan natuurlik die toerleier, Johann Symington, vergesel deur sy dierbare vrou, Hennie. Hierdie twee mense is werklik puik ambassadeurs vir Jesus Christus en het diep in ons almal se harte ingekruip. Hulle het werklik die toer ‘n hoogtepunt in ons lewens gemaak en ons het dan ook ons hartlike dank teenoor hulle uitgespreek. Deel gerus weer ons mening aan hulle mee, hulle moet dit weet.

4) Die toergids, Doreen, en busbestuurder, Osama, in Israel was uitstaande en so ook die toergids, Ra-ed, en busbestuurder Alie in Jordanië.

5) Laastens aan Seagull Toere ons hartlike dank vir puik reëlings en verblyf. Hierdie toer het ons lewens in alle opsigte verryk

Alle toerlede het die behoefte uitgespreek dat Seagull Toere aan ons elkeen die adres en telefoonnommers/ selfoonnommers van elke toerlid sal verstrek. Johann Symington het dit reeds genoem dat Seagull Toere dit sal doen, maar ons wil dit weereens beaam, aangesien ons die behoefte het om met mekaar kontak te maak,wantons hetso ‘n noue verbintenis opgebou.. Baie hartlik dankie daarvoor, Tanya.

Aan Hom alle eer vir ‘n onvergeetlike ervaring.

Vriendelike groete.

Dirk en Ida van Papendorp.

Strand.


Beste Lauren

Baie dankie vir jou uitstekende reelings na Turkye en in Turkye self. Alles het glad verloop met geen probleme nie. Ek hoop om gou weer van Seagull gebruik temaak vir een of ander wonderlike toer saam met julle.

Groete,

Amanda de Beer


Liewe Linde,

Baie dankie vir ‘n wonderlike reis waaraan ek nog daagliks dink en dinge onthou. Julle het vir my ‘n geskiedenis en land oopgesluit waarvan ek bitter min geweet het.Dankie vir al die geskenke en al die opwindende dinge wat julle vir ons laat doen het. Ek wil jou gelukwens met die professionele en gemaklike manier waarop jy die toere reël en inrig. Dit is regtig puik. Die toer was vir my ‘n lewensverreikend en ook ‘n wonderlike geestelike ervaring.

Sterkte vir jou ander toere en stuur baie groete vir Elizabeth.

Liefde Adeleen


Goeie dag Elizabeth

Elizabeth, ek wil vir jou baie dankie se vir die fantastiese toer wat ek die voorreg gehad het om saam met jou te kon beleef. Baie dankie vir al die uitsonderlike ervarings en belewenisse. Baie dankie vir die fantastiese toergids/leier wat jy was. Baie dankie vir die entoesiasme, sprankel, kundigheid, verdraagsaamheid, energie en veral passie vir die land en die natuur wat jy openbaar het. Vir my persoonlik was dit ‘n openbaring.

Alles wat mooi is vir jou en Seagull Toere vir die toekoms. Alle voorspoed met die verwesenliking van jou persoonlike  toekomsplanne/drome. Ek hoop dit sal moontlik wees om eendag ‘n re-unie in Kenia te kan hou!!

Groete.
Johan Kritzinger


Hallo Linde,

Toe ek jou weer vanoggend so entoesiasties hoor praat oor RSG het ek sommer net terugverlang na Turkye en al my toermaats.  Dis vir my so lekker om vir ander mense te vertel van ons heerlike toer… en ek doen dit baie dikwels. Ek lees en verstaan die Bybel so anders as voorheen.  Dit baie makliker om gebeure, wat buite ons onmiddellike verwysingsraamwerk val, te verstaan as jy jouself in jou gedagtes kan verplaas na daardie omgewing.  Jy moet tog asseblief nie gou aftree nie, ek wil beslis weer gaan.  Jy en Halit is ‘n formidabele kombinasie en ek sou moeilik saam met ‘n ander toermaatskappy kan gaan.
As jy weer in Johannesburg is, kontak my asseblief, dan gaan drink ons iewers ‘n koffietjie of ietsie.

Groete,
Marietjie Brits


Beste Seagull

Baie dankie vir die uitstekende toer.  Alles was puik gereël.  Werner was ‘n wenner van ‘n toerleier.

Groete
Koos & Mientie Holtzhausen


Beste Seagull

Baie dankie aan Seagull vir ‘n onvergeetlike belewenis in Rusland! Ons kon nie ‘n beter leier as Werner gehad het nie, die individuele gidse by ons bestemmings was puik, en Olga op die boot was ewe uitmuntend (baie dankie ook vir haar e-posadres). Julle reëlings was puik en ons het heeltyd in goeie hande gevoel. Ons sal lank drome droom oor hierdie reis …

Vriendelike groete
Kosie en Christine Smit


To all at Seagull Tours I just want to say a big THANK YOU for arranging a wonderful safari – it exceeded my expectations by far. All the lodges were superb, the staff friendly and the food was definitely out of this world.
Elizabeth, thank you again and I look forward to booking my next safari to Kenya with Seagull Tours.

Best regards
Dawn Zoghby


Ons is terug van ons toer na Tanzanie en wil net vir Seagull Toere baie dankie sê vir ‘n wonderlike tyd!!  Dit was werklik ‘n ondervinding duisend. Julle rëelings was wonderlik, die verblyf en etes heerlik. Selfs die bestuurders van die voertuie verdien ‘n klop op die skouer!

Dawie was baie goed georganiseer, en ons het hom baie geniet.  Sal enige tyd weer saam met hom gaan!!
Ons dank ook aan Mau wat ons heerlik laat lag het, en dankie vir die koffie en LEKKER KOEKIES in die oggend!!!!

Groete,
Susan en Bobby van der Merwe


Hi Seagull ai ai ai….

Dit was maar swaar om Tanzanië te verlaat, hoor…..!!! Baie, baie dankie vir julle wonderlike reëlings, en dankie vir ‘n fantabulous tyd !!!! Julle het ons erg bederf…. En ‘n nuwe standaard gestel vir ons ‘future’ vakansies, hoor !!!(en BAAAIE dankie vir die laaste aand se bederf in Dar se Serena hotel…!!! J) Ek wil baie graag vir iemand ‘n mail stuur om te bedank vir ons fantastiese toer (of ‘n comment op ‘n website post)….. en om spesiaal dankie te sê vir Dawie se wonderlike hulp & ‘toergids’-goete….. wie kan ek mail hiermee ? Weereens – Asante Sana !!!!!

Groetnis
Anita & Anton Muller


Dear Elizabeth,

Merci beaucoup…Thank you very much for the news. We really had a nice trip, everything was beautiful ,we never will forget Tanzania.Maybe will see you again.

All the best for you.
Katharina & Richard Forestier


Hi Seagull

Okay – hier gaan dit ….!! Ons was op julle Tanzanië/Serengetti toer op 20-28 Mei 2012.  En daar’s net een manier om dié ervaring te beskryf : absoluut onoortreflik.  Van vliegkaartjies, tot ons vervoer (en pittige drywers ! J), tot die verblyf (wow)…… alles was fantasties. Ons het nooit ‘n tas opgetel nie, nooit honger geword nie, nooit vir een oomblik gevoel ons is enigsins minder as ‘royalty’ nie !! (veral toe ons in daai ‘grênd’ hotel in Dar es Salaam geslaap het !!)Die mense hier glo ons GLAD nie as ons die foto’s wys nie – hulle dink dis oëverblindery ! Die safari’s was ….uhm….. hoe sal mens sê ?? – FANTABULOUS !!!!!…… en ons gaan nooit weer die gesegde “Lekker koekies” vergeet nie !!! (ons was bederf met koffie & koekies op ons safari’s – en dis die ‘call’ waarmee die drywers ons geroep het) Baie, baie dankie vir al jul reëlings – julle het jul BAIE goed van jul taak gekwyt…!!Wees verseker : die volgende trippie wat ons gaan meemaak – is julle eerste op ons telefoonlys !!! Ook net een opserwasie : ‘n baie, baie spesiale dankie aan Dawie, ons toerleier. Hy het ons elke oomblik verbaas met sy ongelooflike vermoë om elke detail foutloos te beplan en uit te voer. Hy’t sy hande vol gehad met …uhm…. minder maklike mense in die groep (wat ons ook naderhand tot raserny gedryf het), en ek het nog nooit iemand teëgekom wat dit so goed hanteer het nie – hy was ‘n ware ambassadeur ! So – ‘n baie spesiale dankie aan hom !!!(Sit sommer daai ander klomp suurgatte op julle swartlys – en gee Dawie ‘n verhoging !!) JJJ Hoop jy kan dit so oordra….!! Ek sal op die fb page ook gaan skribbel…!! (belowe om dit ‘civil’ te hou !) Lekker dag – en weereens : BAAAIE dankie !!!!

Groetnis !
Anita